Ek Ry Op Die Golwe
Almal luister as jy praat
Jy vang my uit op heterdaad
Ek hoor nie meer geraas nie, ek voel nie die gehaas nie
Want daar's net jy
Jou stem raak menig mense maal
Jou oë beheer 'n tranedaal
En niemand hoor eers meer musiek nie, onthou nie meer 'n tiek nie
Want daar's net jy
Ek ry op die golwe van jou woorde
Jou rustekens hang hier soos akkoorde
Jou lippe maak die mooiste harmonieë wat alles hier diep binne my saamsmeë
Ek loop in die spore van jou lippe, my wese is brandend van die hitte
Jy maak steeds die mooiste, mooiste harmonieë wat alles hier diep binne my saamsmeë
Almal luister as jy praat
Of dit nou is oor goed of kwaad
Ek ken nie eers myself nie, ek wil nie dieper delf nie
Want dis net jy
Jy't beheer oor hoe ek voel
Jy's soos die see wat oor my spoel (See wat oor my spoel)
Ek weet nie wat ek sê nie, weet nie wat ek wil hê nie
En wie is jy (Wie is jy)
Ek ry op die golwe van jou woorde
Jou rustekens hang hier soos akkoorde
Jou lippe maak die mooiste harmonieë wat alles hier diep binne my saamsmeë
Ek loop in die spore van jou lippe, my wese is brandend van die hitte
Jy maak steeds die mooiste, mooiste harmonieë wat alles hier diep binne my saamsmeë
Eers in valeie en dan in die hemel saam met jou
Ek glo elke woord selfs dit wat jy van my weer hou (Jy van my weer hou)
Eers in valleie en dan in die hemel saam met jou (Hemel saam met jou)
Glo in elke woord selfs dit wat jy van my weer hou
Ek ry op die golwe van jou woorde
Jou rustekens hang hier soos akkoorde
Jou lippe maak die mooiste harmonieë wat alles hier diep binne my saamsmeë
Ek loop in die spore van jou lippe, my wese is brandend van die hitte
Jy maak steeds die mooiste, mooiste harmonieë wat alles hier diep binne my saamsmeë
Ek ry op die golwe