Honeymoon By Die Huis

Dit was Septembermaand gewees een aand
Onder 'n wit jasmyn en met 'n glasie wyn
Lê ek en jy en droom onder die maan
En maak 'n eilandsprokie hier in ons eie tuin

Net ek en jy
Ons gaan nie weg nie, ons bly tuis
Net hier wil ek bly
Want ons hou honeymoon by die huis

Dis die stilte na die storm waarna ons luister
Lê wakker tot die son op kom dan slaap ons laat
Al die deure is gesluit en ons twee fluister
En ek soen jou op jou mond net toe jy begin praat

Net ek (Net ek)
En jy (En jy)
Ons gaan nie weg nie, ons bly tuis

Net hier (Net hier)
Wil ek bly (Ek bly)
Want ons hou honeymoon by die huis

Ons dans alleen, ek vat jou hand in myne
In die holte van jou arm dis waar ek wil lê
Die glimlag op jou mond is medisyne
Ja sit jou glimlag op my lippe want dis wat ek wil hê

Net ek en jy
Ons gaan nie weg nie, ons bly tuis
Net hier wil ek bly
Want ons hou honeymoon by die huis

Net ek (Net ek)
En jy (En jy)
Ons gaan nie weg nie, ons bly tuis (Ons bly tuis)

Net hier (Net hier)
Wil ek bly (Ek bly)
Want ons hou honeymoon by die huis

Trivia about the song Honeymoon By Die Huis by Heinz Winckler

When was the song “Honeymoon By Die Huis” released by Heinz Winckler?
The song Honeymoon By Die Huis was released in 2013, on the album “N Spesiale Aand Met, Heinz Winckler”.

Most popular songs of Heinz Winckler

Other artists of Middle of the Road (MOR)