My Seun, My seën
'n Wilgerboom by 'n waterstroom
Geen bekommernis in droogte
Seun van belofte, seun van hoort
Man van God
Ek en jou ma staan saam
En seën jou in Jesus' Naam
My seun, my seën
Geleen van ons Skepper
Om groot te maak en te koester
Te lei in die vrese van God
My seun
Immergroen, vrugtevol
Die hitte kan jou nie aanraak nie
Seun met 'n roeping
Seun van liefde, man van God
Ek en jou ma staan saam
En seën jou in Jesus' Naam
My seun, my seën
Geleen van ons Skepper
Om groot te maak en te koester
Te lei in die vrese van God
My seun, my seën
Geleen van ons Skepper
Om groot te maak en te koester
Te lei in die vrese van God
My seun
My seun