Altyd Daar
As ek vandag
Moet terugkyk op my lewenspad
Dan sien ek al die draaie
Elke kronkelpad
Die spore van my lewe
Was lankal reeds bepaal
Elke tree vertel 'n ou verhaal
Elke afdraaipaadjie sien ek
Duidelik raak
Maar deur dit alles Heer het U
Oor my gewaak
En oral in die donker
Het U my weer kom haal
Want U weet
Elke kind kan soms verdwaal
Sonder dat ek weet het U my altyd vasgehou
En sonder dat ek weet het U genade my omvou
Al my lewensdrome het U in U hand bewaar
Liewe Heer
U was nog altyd daar
Ek sien dit in die stille waters
Van die see
Ek sien dit in 'n kind se oë
Sy eerste tree
Hoe kan die wat nie wil glo
In ongeloof bly staar
Liewe Heer
Want U was nog altyd daar
Sonder dat ek weet het U my altyd vasgehou
En sonder dat ek weet het U genade my omvou
Al my lewensdrome
Het U in U hand bewaar
Liewe Heer
U was nog altyd daar
Sonder dat ek weet het U my altyd vasgehou
En sonder dat ek weet het U genade my omvou
Al my lewensdrome
Het U in U hand bewaar
Liewe Heer
U was nog altyd daar
Nou weet ek meer as ooit
Daar is niks meer om te vrees
Liewe Heer
U sal altyd by my wees
Liewe Heer
U sal altyd by my wees