Die Heel Beste Rede

Piet Smit

Kom ons staan voor die Heer
En bely dat Hy regeer
Kom ons sien die Hemel Koning
Op Sy troon

Laat ons al die hulde bring
En Sy lof en eer besing
Laat ons lofsange die plek wees
Waar Hy woon

Hef jou hande (Hef jou hande)
Na bo (Op na bo)
Al wat Hy vra (Wat Hy vra)
Is dat ons glo (Is dat ons glo)
En as jy weet
Jy is vry
Is dit die heel beste rede

Om te kniel voor die Vader
In gebed tot Hom te nader
En Hom as Koning en Verlosser
Te bely (Bely)

Om Hom te dank vir Sy genade
Vir Sy seën en wonderdade
Want die krag
Van Sy waarheid maak ons vry

Hef jou hande (Hef jou hande)
Na bo (Op na bo)
Al wat Hy vra (Wat Hy vra)
Is dat ons glo (Is dat ons glo)
En as jy weet
Jy is vry
Is dit die heel beste rede

Om te gaan
Na die nasies
Want sy opdrag
Was basies
Om te doen
En te lewe net soos Hy

Want deur Sy
Wonderwerke
Is daar nou
Ook geen perke
Aan wat Jesus kan doen
Deur jou en my

Hef jou hande (Hef jou hande)
Na bo (Op na bo)
Al wat Hy vra (Wat Hy vra)
Is dat ons glo (Is dat ons glo)
En as jy weet
Jy is vry
Is dit die heel beste rede

Om met simbaal en drom te raas
En die shufars hard te blaas
Want die groot dag van Jesus
Kom beslis

Die dag wat elke knie sal buig
En elke mond nog sal getuig
Dat die Ruiter op die wit perd Koning is

Hef jou hande (Hef jou hande)
Na bo (Op na bo)
Al wat Hy vra (Wat Hy vra)
Is dat ons glo (Is dat ons glo)
En as jy weet
Jy is vry
Is dit die heel beste rede vir my

En as jy weet
Jy is vry
Is dit die heel beste rede
Heel beste rede
Heel beste rede vir my

Trivia about the song Die Heel Beste Rede by Juanita du Plessis

On which albums was the song “Die Heel Beste Rede” released by Juanita du Plessis?
Juanita du Plessis released the song on the albums “Altyd Daar” in 2004 and “Altyd Daar: Gospel Album Vol. 1” in 2004.
Who composed the song “Die Heel Beste Rede” by Juanita du Plessis?
The song “Die Heel Beste Rede” by Juanita du Plessis was composed by Piet Smit.

Most popular songs of Juanita du Plessis

Other artists of Country pop