Doen Slegs U Wil Heer / Ek Weet Verseker / Sagies En Teer / Here Ons Sal U Loof

Doen slegs U wil Heer, U wil met my
U pottebakker met my die klei
Vorm my en maak my net soos U wil
Op U bly wag ek nederig en stil

Doen slegs U wil Heer, U wil met my
U pottebakker met my die klei
Vorm my en maak my net soos U wil
Op U bly wag ek nederig en stil
Op u bly wag ek nederig en stil

Ek weet verseker dat Jesus leef
Hy het my sonde uit liefde vergeef
Ek was verlore maar deur Sy bloed
Is daar nou vrede in my gemoed

Hy is my Leidsman Hy laat my leef
Hy is oorwinnaar, Hy is die Heer
Selfs as ek struikel en het berou
Sal Hy vergewe, Hy bly getrou

Saggies en teer is die roepstem van Jesus
Hy roep vir jou en vir my
Hy staan en wag aan die deur van ons harte
Wag daar vir jou en vir my

Kom tuis, kom tuis
Almal wat moeg is kom tuis
Saggies en teer is die roepstem van Jesus
Hy roep o sondaar kom tuis

Kom tuis, kom tuis
Almal wat moeg is kom tuis
Saggies en teer is die roepstem van Jesus
Hy roep o sondaar kom tuis

Here ek sal U loof
U weldade roem
U Naam sal ek eer, Almagtige Heer want U het wonders gedoen

Here ek sal U loof
U weldade roem
U Naam sal ek eer, Almagtige Heer want U het wonders gedoen

Doen slegs U wil Heer, U wil met my
U pottebakker met my die klei
Vorm my en maak my net soos U wil
Op U bly wag ek nederig en stil
Op u bly wag ek nederig en stil

Most popular songs of Juanita du Plessis

Other artists of Country pop