Ek Sal By Jou Saam

Iemand het jou hart gebreek
Waarom is die liefde dan so wreed?
En in jou oë sien ek selfverweid
En vrees vir die eensaamheid

Êrens is daar iemand wat jy vetrou
Niemand om jou hand vas te hou
Net soos ‘n kind in ‘n vreemde stad
Vol angs vir die donker nag

Maar as jy huil dan troos ek jou
As jy praat dan glo ek jou
As jy sê wat jy wil hê
Sal ek verstaan

Waar jy dwaal kom haal ek jou
As jy val dan help ek jou
As jy bang is vol verlange
Sal ek by jou staan

Jy wonder wat nou en waarheen?
En môre lyk vir jou so alleen
En in jou oë sien ek selfverweid
En vrees vir die eensaamheid

Maar as jy huil dan troos ek jou
As jy praat dan glo ek jou
As jy sê wat jy wil hê
Sal ek verstaan

Waar jy dwaal kom haal ek jou
As jy val dan help ek jou
As jy bang is vol verlange
Sal ek by jou staan

Waar jy dwaal kom haal ek jou
As jy val dan help ek jou
As jy bang is vol verlange
Sal ek by jou staan

Most popular songs of Juanita du Plessis

Other artists of Country pop