Huise Van Glas

Kyk die mense in die strate
Dokters staats amptenare
Almal dra geheime in die mou

Soos papierpoppe op kaarte
Word ons leeg en sonder harte
En daar's niemand wat 'n ander meer vertrou

Waarom sien ons die splint in 'n ander een se oog
En staar ons altyd blind in die van ons
Dieselfde son wat daar skyn
Gee aan almal deel van hom
O moenie oordeel nie
En wys nie 'n vinger nie
Ons almal woon in huise van glas

Kyk die nuus in die koerante
Oordeel van alle kante
Is daar dalk 'n skuldgevoel wat skuil?

En die mense praat en skinder
Oor die dinge wat hul hinder
Maak nie saak wie huil nie dis die styl

Waarom sien ons die splint in 'n ander een se oog
En staar ons altyd blind in die van ons
Dieselfde son wat daar skyn
Gee aan almal deel van hom
O moenie oordeel nie
En wys nie 'n vinger nie
Ons almal woon in huise van glas

Sê my waar is die broederliefde?
Dalk gesteel deur die nagdiewe
En al wat nou nog oorbly
Is verwyte en kritiek

Waarom sien ons die splint in 'n ander een se oog
En staar ons altyd blind in die van ons
Dieselfde son wat daar skyn
Gee aan almal deel van hom
O moenie oordeel nie
En wys nie 'n vinger nie
Ons almal woon in huise van glas

Trivia about the song Huise Van Glas by Juanita du Plessis

On which albums was the song “Huise Van Glas” released by Juanita du Plessis?
Juanita du Plessis released the song on the albums “Altyd Daar” in 2004 and “Altyd Daar: Gospel Album Vol. 1” in 2004.

Most popular songs of Juanita du Plessis

Other artists of Country pop