Kaalvoetkind

Ruan Josh

Gee my 'n bietjie meer son, 'n bietjie meer see
Tone in die sand elke tree
'n Kaalvoetkind sal ek altyd bly
Sluit die deur, ons vat die pad, want die Bosveld stilte roep my hart
Ja, 'n kaalvoetkind sal ek altyd bly

As die stad
Se liggies dof raak
Is dit die sekelmaan wat my steeds bekoor
As die geraas
Vir my te veel raak
Wil ek vlug tot daar waar ek myself verloor

Gee my 'n bietjie meer son, 'n bietjie meer see
Tone in die sand elke tree
'n Kaalvoetkind sal ek altyd bly
Sluit die deur, ons vat die pad, want die Bosveld stilte roep my hart
Ja, 'n kaalvoetkind sal ek altyd bly
Sal ek altyd bly

Hier's ek gebore
Hier wil ek sterwe
Met die blou lug Afrika asem in my
Dit wat my hart vra
Lê hier gebêre
In die vlaktes raak die kind in my weer vry

Gee my 'n bietjie meer son, 'n bietjie meer see
Tone in die sand elke tree
'n Kaalvoetkind sal ek altyd bly
Sluit die deur, ons vat die pad, want die Bosveld stilte roep my hart
Ja, 'n kaalvoetkind sal ek altyd bly

As die wiele draai
Klim ek op, gaan saam
Want bymekaar is ons nooit alleen
Elke saamwees oomblik koester ek
Want ons dans, ons dans in die reën

Gee my 'n bietjie meer son, 'n bietjie meer see
Tone in die sand elke tree
'n Kaalvoetkind sal ek altyd bly
Sluit die deur, ons vat die pad, want die Bosveld stilte roep my hart
Ja, 'n kaalvoetkind sal ek altyd bly

Gee my 'n bietjie meer son, 'n bietjie meer see
Tone in die sand elke tree
'n Kaalvoetkind sal ek altyd bly
Sluit die deur, ons vat die pad, want die Bosveld stilte roep my hart
Ja, 'n kaalvoetkind sal ek altyd
'n Kaalvoetkind sal ek altyd
'n Kaalvoetkind sal ek altyd bly
Sal ek altyd bly

Trivia about the song Kaalvoetkind by Juanita du Plessis

When was the song “Kaalvoetkind” released by Juanita du Plessis?
The song Kaalvoetkind was released in 2012, on the album “Jy voltooi my”.
Who composed the song “Kaalvoetkind” by Juanita du Plessis?
The song “Kaalvoetkind” by Juanita du Plessis was composed by Ruan Josh.

Most popular songs of Juanita du Plessis

Other artists of Country pop