Meisiekind

JANITA CLAASSEN, BABS PRETORIUS

Hierdie dag belangrik my lief
Die fotos in my hand 'n ope brief
Hier was jy nog in die gradeklas
Klein haasbekkie met handjies skoongewas

Hier's jou kleinboet hy kon jou so pla
Geduld word mos van ma's gevra
Hier jou matriekafskeidsdans
Jou rok so mooi ‘n sterreglans

Vandag is jou troudag my meisie
Jy word 'n vrou my kind
Mag vreugde groei deur die jare
Hierdie jou dag
Toekoms wat wag
My liefste my meisiekind

Jy gaan weg dis soos die lewe is
My meisiekind ek sal jou baie mis
Daar is plek in ons familiekring
Vir hom wat jou vreugde bring

Meisiekind dis jou huweliksfees
Ek sal nie huil ek sal net vrolik wees
Hierdie môre reeds pêrelgrou
Word wakker lief die toekoms wag vir jou

Vandag is jou troudag my meisie
Jy word 'n vrou my kind
Mag vreugde groei deur die jare
Hierdie jou dag
Toekoms wat wag
My liefste my meisiekind

Vandag trou ma se meisie
En tog bly jy ma se kind
Mag vreugde groei deur die jare
Hierdie jou dag
Toekoms wat wag
Vir mamma se meisiekind

Hierdie jou dag
Toekoms wat wag
Vir mamma se meisiekind

Trivia about the song Meisiekind by Juanita du Plessis

On which albums was the song “Meisiekind” released by Juanita du Plessis?
Juanita du Plessis released the song on the albums “Volmaakte Kring” in 2007 and “10 Jaar - Platinum Treffers” in 2010.
Who composed the song “Meisiekind” by Juanita du Plessis?
The song “Meisiekind” by Juanita du Plessis was composed by JANITA CLAASSEN, BABS PRETORIUS.

Most popular songs of Juanita du Plessis

Other artists of Country pop