Mengelmoeskardoes

Juanita du Plessis

Meer as die vrot in 'n vrot pampoen
Groter as Hentiesbaai se wengaljoen
Meer as die woes in 'n mengelmoeskardoes

Meer as al die tieners wat op MXIT chat
Verder as die sesse van Gibbs se bat
Meer as die gees by Klein Karoo kunstefees

Jy dink jy's lief vir my
Maar ek lief jou meer
Jy dink jou hart klop vir my
Maar ek kan myne nie keer
As jy my wil druk hou ek jou stywer vas
Soen my gou, en ek sal jou verras
Sê dit vir my en dan wys ek jou weer en weer
Ek lief jou meer

Langer as die draai van die Kaapse draai
Dieper as die see in 'n Weskusbaai
Wyer as wyd
Hoër as die hoogste berg

Meer as al die borrels in my borrelbad
Groter as die potholes op die noordwes pad
Verder as ver
Langer as die N1 lyn

Jy dink jy's lief vir my
Maar ek lief jou meer
Jy dink jou hart klop vir my
Maar ek kan myne nie keer
As jy my wil druk hou ek jou stywer vas
Soen my gou, en ek sal jou verras
Sê dit vir my en dan wys ek jou weer en weer
Ek lief jou meer

Jy dink jy's lief vir my
Maar ek lief jou meer
Jy dink jou hart klop vir my
Maar ek kan myne nie keer
As jy my wil druk hou ek jou stywer vas
Soen my gou, en ek sal jou verras
Sê dit vir my en dan wys ek jou weer en weer
Ek lief jou meer
(Ek lief jou meer)
Ek lief jou meer
(Ek lief jou meer)
Ek lief jou meer

Trivia about the song Mengelmoeskardoes by Juanita du Plessis

When was the song “Mengelmoeskardoes” released by Juanita du Plessis?
The song Mengelmoeskardoes was released in 2010, on the album “10 Jaar - Platinum Treffers”.

Most popular songs of Juanita du Plessis

Other artists of Country pop