Neem My Hart

Ruan Josh, Juanita du Plessis

Hoeveel keer het ek al hier voor U kom staan?
Hoeveel keer het my eie wol my laat verdwaal?
Ek probeer so hard om te wees wat U wil hê
Maar Heer ek val

Ek weet die wêreld raak te belangrik vir my
En in my dwaasheid het ek van U vergeet
Ek wil regmaak o Here ek bely
Vergewe my

Hier is ek ek gee my hele hart
Ek gee my hele lewe
Hier is ek ek gee alles van my
Ek gee dit oor aan U

Kom neem my hart O Heer
Ek's verlore sonder U
Maak my lewe rein
Here lei my
Ek gee aan U beheer
Vul my met U Gees kom bly in my

Dankie Heer dat U elke keer verstaan
En dat U my nog steeds aanvaar net soos ek is
Vorm my en maak my soos U wil
Vergewe my

Hier is ek ek gee my hele hart
Ek gee my hele lewe
Hier is ek ek gee alles binne my
Ek gee dit oor aan U

Kom neem my hart O Heer
Ek's verlore sonder U
Maak my lewe rein
Here lei my

Ek gee aan U beheer
Vul my met U Gees
Kom bly in my

Hier is ek
Hier is ek
Hier is ek

Trivia about the song Neem My Hart by Juanita du Plessis

On which albums was the song “Neem My Hart” released by Juanita du Plessis?
Juanita du Plessis released the song on the albums “Vlieg Hoog - Gospel Album - Vol.2” and “Vlieg Hoog” in 2007.
Who composed the song “Neem My Hart” by Juanita du Plessis?
The song “Neem My Hart” by Juanita du Plessis was composed by Ruan Josh, Juanita du Plessis.

Most popular songs of Juanita du Plessis

Other artists of Country pop