Net 'n Mens

Juanita Du Plessis

As die donker om my vou
En die nag se kloue my vashou
As die verlange deur my boor
Met die koue besêf
Ek het jou verloor

Mag ek dan stil raak
My siel se vensters oop maak
Myself net toelaat
Om te weet
Ek's net 'n mens

Ek gooi vanaand my traan
Teen die maan
Wie sal die pyn
In my verstaan
Waar sal my hart
Weer troos kan vind
Want jou weggaan
Laat my huil soos 'n kind

Die vrees oorrompel my
Hier waar ek alleen agter bly
Waar die bang wees om my vou
Oor dit wat was
En wat die toekoms hou

Ek hoor nogsteeds jou naam
En ek weet nie hoe
Om aan te gaan
Waar my hart in stukke lê
Onthou ek
Ek's net 'n mens

Ek gooi vanaand my traan
Teen die maan
Wie sal die pyn
In my verstaan
Waar sal my hart
Weer troos kan vind
Want jou weggaan
Laat my huil soos 'n kind

Waar sal my hart
Weer troos kan vind
Want jou weggaan
Laat my huil soos 'n kind

Want jou weggaan
Laat my huil soos 'n kind

Trivia about the song Net 'n Mens by Juanita du Plessis

When was the song “Net 'n Mens” released by Juanita du Plessis?
The song Net 'n Mens was released in 2015, on the album “Toe Staan Die Wêreld Stil”.
Who composed the song “Net 'n Mens” by Juanita du Plessis?
The song “Net 'n Mens” by Juanita du Plessis was composed by Juanita Du Plessis.

Most popular songs of Juanita du Plessis

Other artists of Country pop