See Van Galilea

Juanita du Plessis

As die see van Galilea kon praat
Hoeveel diep geheime sal hy uit sy bodem loslaat
Hoeveel stories sou hy kon vertel
Hoeveel wysheid
Hoeveel raad
As die see van Galilea kon praat

As die klippe langs die waters ‘n woord kon sê
Sou hulle my die pad kon wys
Waar my Meester se spore lê
Ek sien die prentjie in my geestesoog
Elke vyeboom wat buig
En elke druppel uit die see wat kan getuig

Hier het Hy gewandel
Hier het Hy geloop
Hier lê al Sy wonders
Sy rede Sy hoop

Self die winde het geluister
Hy’t die storm stil gemaak
Laat elke oor nou luister
Dis Jesus
Hy is die Seun van God

As die mes van die seer in jou lewe dieper sny
As jy soekend vra maar nêrens ‘n antwoord kry
Sal die branders die waarheid eggo
Luister net met jou hart
Want die geheim lê opgesluit binne jou en my

In jou sal Hy wandel
Langs jou sal Hy loop
Vir Hom is jy ‘n wonder
Sy rede Sy hoop

Deur die winde sal Hy fluister
Elke storm sal Hy stil
Laat jou oor nou luister
Dis Jesus
Hy is die Seun van God

Oor die grense van Israel
Oor die waters word dit uitbasyn
Dis Jesus
Heilig so berein

In jou sal Hy wandel
Langs jou sal Hy loop
Vir Hom is jy ‘n wonder
Sy rede Sy hoop

Deur die winde sal Hy fluister
Laat elke oor nou luister
Dis Jesus
Hy is die Seun van God

Laat elke oor nou luister
Dis Jesus
Hy is die Seun van God

As die see van Galilea kon praat

Trivia about the song See Van Galilea by Juanita du Plessis

On which albums was the song “See Van Galilea” released by Juanita du Plessis?
Juanita du Plessis released the song on the albums “Wees Lig” and “Wees Lig” in 2011.

Most popular songs of Juanita du Plessis

Other artists of Country pop