Sonder jou
Ek mis jou lyf hier teen myne (Myne)
As die nagte kouer raak
Ek mis die troos van jou hande (Van jou hande)
Wat die seerkry minder maak
Jy is weg, ek is alleen
Daar's net stilte om my
Ek mis jou arms hier om my (Hier om my)
Dit laat my altyd veilig voel
Ek mis jou glimlag, jou woorde (Jou woorde)
Wat my altyd sê wat jy bedoel
Want jy is weg, ek is alleen
Maar ek voel jou oral om my
Sonder jou
Is my wêreld leeg
Bly dit winter in my hart
Sonder jou
Wat my trane afvee
Die somer weer kan gee
Sal jy my kom vashou?
My lewe is blou
Sonder jou
Ek mis jou voetstappe naby
Wat jou altyd reguit na my toe lei
Ek mis die blink in jou oë
Wat altyd wys jy's lief vir my
Jy is weg, ek is alleen
Maar ek voel jou oral om my
Sonder jou
Is my wêreld leeg
Bly dit winter in my hart
Sonder jou
Wat my trane afvee
Die somer weer kan gee
Sal jy my kom vashou?
My lewe is blou
Sonder jou
Is my wêreld leeg
Bly dit winter in my hart
Sonder jou
Wat my trane afvee
Die somer weer kan gee (Die somer weer kan gee)
Sal jy my kom vashou?
My lewe is blou (My lewe is blou)
Sonder jou (Sonder jou)
Sonder jou