Wees Net Jy
Die bekende glimlag in jou oë het verdwyn
Die helderlig om jou begin al hoe dowwer skyn
In jou woorde lê onsekerheid
Jy sê jy’s bang en deurmekaar
Want wat is reg en wat is waar?
Daar’s soveel stemme in jou kop wat praat
Waar lê die regte lyn tussen goed en kwaad?
Maar luister na die fluisterstem diep in jou
Die stem wat sê
Die stem wat sê
Hou aan uithou moed hou elke tree
Vergeet van die rykdom wat hierdie wêreld gee
Jy sê jy weet nie meer wie jy is nie
Hoe en waar om jouself te vind nie
Maak oop jou hart en sien jouself
‘n Juweel sal jy kry as jy dieper delf
Bly jouself bly die sonstraal wat jy is
Want daar’s niemand soos jy
Niemand soos jy
Wees wie jy is
Wees net jy
Emosies waai soos wildewinde deur jou siel
Almal wil jou verander
Gaan jy jou self verniel
Hou net vas aan dit waarin jy glo
Want al die leuens maak jou verward
Onthou jou skoonheid lê in jou hart
As jy saggies in jou binnekamer huil
Kyk verby die twyfel wat in die donker skuil
Luister na die fluisterstem diep in jou
Die stem wat sê
Die stem wat sê
Hou aan uithou moed hou elke tree
Vergeet van die rykdom wat hierdie wêreld gee
Jy sê jy weet nie meer wie jy is nie
Hoe en waar om jouself te vind nie
Maak oop jou hart en sien jouself
‘n Juweel sal jy kry as jy dieper delf
Bly jouself bly die sonstraal wat jy is
Want daar’s niemand soos jy
Wees wie jy is
Jy sê jy weet nie meer wie jy is nie
Hoe en waar om jouself te vind nie
Maak oop jou hart en sien jouself
‘n Juweel sal jy kry as jy dieper delf
Wees net jy
Wees net jy