Blou Kafee [Remastered]

Onthou jy nog die blou kafee by Mosselbaai se strand
Waar ‘n mens die wye see kon vashou in jou hand
Smiddae het ons ver gaan stap en op die wye strand
Ons name in die sand geskryf as talisman en pand

En saans was daar ’n ou klavier, Ant Gerty het gespeel
En ons kon dans en ons kon sing en ons kon ons verbeel
En ons kon ons verbeel my ding en doen net wat ons wou
Mooi wense wens en drome droom en lugkastele bou

Haai, haai die witborskraai
Hiervandaan na watter baai
Het watter wind
Om watter draai, ons kaalvoetspore weggewaai

Die geel klavier was vals my ding maar dit was nie te sê nie
Ons het heelnag deur gewals my ding, ge-two-step en gewals
Al verder van die blou kafee af weg tot langs die donker see
Al verder weg, al verder weg, al verder weg, mmm

Die blou kafee was als my ding al was die wysies vals
Jou mond was teen my hals my ding, die lewe was ’n wals
Wat het geword van daardie twee, die geel klavier, die blou kafee
Van jou en my van my en jou en Mosselbaai se silwer see

Haai, haai die witborskraai
Hiervandaan na watter baai
Het watter wind
Om watter draai, ons kaalvoetspore weggewaai

Ek weet net soms as ek verlang na niks in die besonder
Onthou ek weer vir jou en my en kan ek maar net wonder
Ant Gerty is glo hemel toe, die geel klavier verkoop
Die tafels en die stoele weg en die blou kafee gesloop

Haai, haai die witborskraai
Hiervandaan na watter baai
Het watter wind
Om watter draai, ons kaalvoetspore weggewaai

Trivia about the song Blou Kafee [Remastered] by Laurika Rauch

When was the song “Blou Kafee [Remastered]” released by Laurika Rauch?
The song Blou Kafee [Remastered] was released in 2007, on the album “’n Lekker Verlang Liedjie”.

Most popular songs of Laurika Rauch

Other artists of Schlager music