Daantjie

Ek sing vanaand van Daantjie, Daantjie, Daantjie Louw
Met sy kinderoë, donker, donker blou
Ek sing vanaand van Daantjie, sagter as ‘n duif
Maar wat doen jou kinderoë in ‘n ouer man se lyf

Daantjie sing ‘n deuntjie, Daantjie groet die haan
Die hoenders kry hul mielies, die varke kry hul graan
Drie en dertig somers kom en gaan
En die silwer emmers swaai al baie jare in die laan

En ek kan Daantjie
Nog hoor lag
Daantjie, trippel Daantjie
Dou voor dag

En ek hoor jou vriende
Almal roep vir jou
Daantjie, Daantjie, Daantjie
Daantjie Louw

Winde, wolke, weerlig, wilde storms woed
Oranje is die waters, die oranje is in vloed
Daantjie trippel Daantjie het koffers graan gepak
En Daantjie en die graan en die hoenders en die haan sit nou op die dak

Daantjie sing ‘n deuntjie, Daantjie groet die haan
Die hoenders kry hul mielies, nou meet hy die graan
Maar waar is al sy varkies, die haan het mos gekraai
En hy spring toe in die waters diep, hy spring in die waters kwaai

En ek kan Daantjie
Nog hoor lag
Daantjie, trippel Daantjie
Dou voor dag

En ek hoor jou vriende
Almal roep vir jou
Daantjie, Daantjie, Daantjie
Daantjie Louw

En ek kan Daantjie
Nog hoor lag
Daantjie, trippel Daantjie
Dou voor dag

En ek hoor jou vriende
Almal roep vir jou
Daantjie, Daantjie, Daantjie Louw

Trivia about the song Daantjie by Laurika Rauch

When was the song “Daantjie” released by Laurika Rauch?
The song Daantjie was released in 1996, on the album “Grootste Treffers, Volume II”.

Most popular songs of Laurika Rauch

Other artists of Schlager music