Daar's Baie Klippe In Die Groot Karoo

Daar’s baie klippe op hierdie plaas
Maar hulle sê
Die werk is skaars
Hy dink hy sal maar ’n rukkie bly
Hier in die Kamdeboo kontrei

Hy glo die muur
Wat hy hier gaan bou
Sal hierdie werf
Baie netjies hou
Hou moed die bokke van die skape skei
Hier in die Kamdeboo vallei

Om ysterklippe bymekaar te maak
Is mos ’n doodgewone taak
Party lê onder, party lê bo
Daar’s baie klippe in die Groot Karoo

Hy rus sy knieë in die warm sand
Die vonke spat
Soos hy klippe kap
Dis nie sy eerste muurtjie nie
Hy is nie meer
’n Laaitie nie

Sy waterpas is ’n bietjie krom
Het met ’n halfmaan hier aangekom
Die klippe lê soms onderstebo
In hierdie deel van die Karoo

Hy trek ’n streep in die warm sand
Die tipe werk
Vang hom soms onkant
Op sommige plase rus ’n man se knie
Nie baie lekker op die aarde nie

En eendag na ’n sekelmaan
Sal hy ook voor jou hek kom staan
Met sy pluiskeil wat hy liggies soen
Met sy ’n donkie wat hy Dinsdag noem

Trivia about the song Daar's Baie Klippe In Die Groot Karoo by Laurika Rauch

When was the song “Daar's Baie Klippe In Die Groot Karoo” released by Laurika Rauch?
The song Daar's Baie Klippe In Die Groot Karoo was released in 2011, on the album “sing die liedjies uit: Stuur Groete aan Mannetjies Roux”.

Most popular songs of Laurika Rauch

Other artists of Schlager music