Dans In Die Maanlig

Hande streel teen ’n bloeiselwang, oë stip in sy kyk gevang
Ore swem in sy diep bruin stem, rus haar kop op sy ferm ken

Skryf ’n brief van 'n verre land, strooi daarin van die vreemde sand
Onthou dan gras bly dieselfde groen met dieselfde son wat jou warm soen

En hul dans in die maanlig, saamgevleg in die purper lug
Kyk hul dans in die maanlig, dolgelukkig

Jaar na jaar en maand na maand vaag die beeld van daardie aand
Soek ’n ster in ’n nag so swart, stadig klop haar gebroke hart

Skryf ’n brief van 'n verre land, strooi daarin van die vreemde sand
Onthou dan gras bly dieselfde groen met dieselfde son wat jou warm soen

En hul dans in die maanlig, saamgevleg in die purper lug
Kyk hul dans in die maanlig, dolgelukkig

Hande gevou op ’n moeselien lap, oë toe asof sy net slaap
Ore stil in ’n verre land, rus haar siel in die vreemde sand

Skryf ’n brief van 'n verre land, strooi daarin van die vreemde sand
Onthou dan gras bly dieselfde groen met dieselfde son wat jou warm soen

En hul dans in die maanlig, saamgevleg in die purper lug
Kyk hul dans in die maanlig, dolgelukkig

En hul dans

Trivia about the song Dans In Die Maanlig by Laurika Rauch

When was the song “Dans In Die Maanlig” released by Laurika Rauch?
The song Dans In Die Maanlig was released in 2002, on the album “Vier Seisoene Kind”.

Most popular songs of Laurika Rauch

Other artists of Schlager music