Die Mense Op Die Bus

Sing vir my saggies, sing van die reën
Waar kom dit vandaan, waar gaan dit heen?
My hart is al lankal, lankal gebreek
Ek het jou bynaam, jou bynaam vergeet

Die mense op die bus beskou
Die liefde soos die oggend dou
My hart is lankal reeds gebreek
Ek het dit net net weggesteek

Dalk is die liefde soos die reën
Dit sal die aarde plek plek seën
Die mense op die bus sê ja
Verspreide buie hier en daar

Sing vir my saggies, sing van die reën
Waar kom dit vandaan, waar gaan dit heen?
My hart is al lankal, lankal gebreek
Ek het jou byna, jou byna vergeet

Die mense op die bus will hoor
Waar het jy eers jou hart verloor?
Die mense op die bus sê, nee
Daar's baie visse in die see
My hart is amper weer gebreek
Ek het dit net net weggesteek

Die mense op die bus beskou
Die liefde soos die oggend dou

Sing vir my saggies, sing van die reën
Waar kom dit vandaan, waar gaan dit heen?
My hart is al lankal, lankal gebreek
Ek het jou bynaam, jou bynaam vergeet

My hart is al lankal, lankal gebreek
Ek het jou bynaam, jou bynaam vergeet

Sing vir my saggies, sing van die reën
Waar kom dit vandaan, waar gaan dit heen?
My hart is al lankal, lankal gebreek
Ek het jou bynaam, jou bynaam vergeet
Ek het jou bynaam, jou bynaam vergeet

Trivia about the song Die Mense Op Die Bus by Laurika Rauch

On which albums was the song “Die Mense Op Die Bus” released by Laurika Rauch?
Laurika Rauch released the song on the albums “Die Mense Op Die Bus” in 1999, “My Ou Tante Koba” in 2004, and “sing die liedjies uit: Stuur Groete aan Mannetjies Roux” in 2011.

Most popular songs of Laurika Rauch

Other artists of Schlager music