Die Mense Wat Ek Lief Het

Die mense wat ek lief het
Kom groei op my soos mos
Daar laat ek hul na hartelus gedy

En loop ek deur die wêreld
Beskut teen die koue
Die snoesigheid self
Ek met my moskombersie

En as daar 'n oorlog kom
Word die mense wat ek lief het
'n Ekstra liefdeslaag om my

So marsjeer ek deur die wêreld
Gepanserd teen die vuur
Die onpasperheid self
Ek met my menskombersie

Maar as iemand wat op my gegroei het
Weg moet gaan
Dan sit daar 'n seerplek
Dan sluip ek deur die wêreld, die kwesbaarheid self
Ek met my seerplek wat net nie wil genees nie

Die mense wat ek lief het
Kom groei op my soos mos
Daar laat ek hul na hartelus gedy

En loop ek deur die wêreld
Beskut teen die koue
Die snoesigheid self
Ek met my moskombersie

Trivia about the song Die Mense Wat Ek Lief Het by Laurika Rauch

When was the song “Die Mense Wat Ek Lief Het” released by Laurika Rauch?
The song Die Mense Wat Ek Lief Het was released in 1979, on the album “Debuut”.

Most popular songs of Laurika Rauch

Other artists of Schlager music