Die Telemans Van Wêskou

Die Telemans van Wêskou kan bêrekoop soos min
Dra saam aan paaiemente, gaan tronk toe as gesin
Die Tellies dink elektriek getuig hul huurkoop huis
Katoeters en kontrepsies van kelder tot kombuis

Die Telemans van Wêskou droom weekliks oor ‘n stel
Met kleur skree al die kinders iets anders sal nie tel
Mene mene tellie is die jongste geskrif
Wat mure laat tuimel en Wêskou oorblif

Miss Tellie staan op troue wil babas genereer
Die moeder is verbete, ook ek gaan my beheer
Ons lay-bye vir iets groters, die visie vanne volk
In vierkleur word ons strewe na buitekant vertolk

Ons voetbal en ons jukskei en paasskou moet vertel
Ons twak is nog nie nat nie, ons stuit nie vir die hel
Mene mene tellie is die jongste geding
Wat setels laat tuimel en kleure verwring

Die spriete van hul droomkas wek bure se venyn
Die Tellies kannie worry skrum bronstig om hul skryn
Nog hegter as tevore is die Tellies nou verbind
Al raak die vader duiselig en die moeder tele-blind

Die dogter wil nie trou nie, die droomkas is haar man
Nes al die ander Tellies tot flikkerbeeld verban
Mene mene tellie is die jongste gerig
Wat bedplig verduister en liefde ontwrig

Mene mene tellie is die jongste gerig
Wat bedplig verduister en liefde ontwrig

Most popular songs of Laurika Rauch

Other artists of Schlager music