Droom

Ver agter die skimme van gister gaan haal ek ‘n droom en die droom se naam is jy
Ek sien jou soos jy toe was, ek sien jou soos jy nou is
En ek besef vir altyd bly jy die droom vir my

Stil het jy hier in die omhelsing van my hart kom lê
En ek sal jou nooit laat gaan
Jy is al wat ek my lewe lank wil hê
‘n Droom wat ewig voortbestaan

Ek is gelukkig in my droomwêreld en niks sal jou ooit van my kan vervreem
My drome word al soeter, ek kry jou daagliks liewer
En jy gee soveel meer as wat jy ooit kan neem

Stil het jy hier in die omhelsing van my hart kom lê
En ek sal jou nooit laat gaan
Jy is al wat ek my lewe lank wil hê
‘n Droom wat ewig voortbestaan

Jy is al wat ek my lewe lank wil hê
‘n Droom wat ewig voortbestaan

‘n Droom wat ewig voortbestaan

Trivia about the song Droom by Laurika Rauch

On which albums was the song “Droom” released by Laurika Rauch?
Laurika Rauch released the song on the albums “Jy is te dierbaar” in 1983 and “Grootste Treffers, Volume II” in 1996.

Most popular songs of Laurika Rauch

Other artists of Schlager music