Ek Het ‘n Boer Sien Dans

Ek het ver gery op ‘n nuwe pad vir die eerste keer
Êrens in die Groot Karoo
Was die langste tyd van byna niks, maar die kortste pad na waar ek wou wees
Ek het verlang na die see

Dit was ‘n groot verdwaal op ‘n reguit pad
Ek het noord en suid in die veld verlê, maar na ‘n prentjie op ‘n plaaspad was ek seker
Ek ruik die reën

Ek het ‘n boer sien dans in die Karoo
Met sy hoed in die hand, dakloos in die water van bo
Ek het ‘n boer sien dans in die Karoo
Hy sê, ons noem dit hier genadewater, meisiekind, hierdie reën
Hierdie water bly ‘n seën

Ek het stilgestaan op ‘n nuwe plek vir die eerste keer
Êrens in die Groot Karoo
Was die mooiste plek van byna niks op ‘n plaas met die naam Berlin
Toe die hemel die aarde seën

Dit was soos huis toe kom op ‘n reguit pad
Ek en ‘n vreemdeling met die hoed in die hand
‘n Prentjie op ‘n plaaspad. die stof, die dans en die reën

Ek het ‘n boer sien dans in die Karoo
Met sy hoed in die hand, dakloos in die water van bo
Ek het ‘n boer sien dans in die Karoo
Hy sê, ons noem dit hier genadewater, meisiekind, hierdie reën
Hierdie water bly ‘n seën

Ek het ‘n boer sien dans in die Karoo
Met sy hoed in die hand, dakloos in die water van bo
Ek het ‘n boer sien dans in die Karoo
Hy sê, ons noem dit hier genadewater, meisiekind, hierdie reën
Hierdie water bly ‘n seën

Ek het ‘n boer sien dans in die Karoo
Met sy hoed in die hand, dakloos in die water van bo
Ek het ‘n boer sien dans in die Karoo
Hy sê, ons noem dit hier genadewater, meisiekind, hierdie reën
Hierdie water bly ‘n seën

Most popular songs of Laurika Rauch

Other artists of Schlager music