Ek Roep Jou Naam
Deur die kortpad van my lewe, deur die reis van my bestaan
Oor berge en deur stede word hierdie pad vir my gemaak
En ek roep jou naam
En jy hoor my
En jy verstaan
Ja, ek roep jou naam
En jy hoor my
En jy verstaan
Ek raak soms bang as ek alleen is, as ek my hande soms laat sak
Ek raak bang as alles te veel raak en hierdie wêreld my vasvat
En dan roep ek jou naam
En jy hoor my
En jy verstaan
Ja, ek roep jou naam
En jy hoor my
En jy verstaan
Lewe
Om te vergewe
Om te aanvaar
Baklei vir my
As ek weer sag raak
My bewaar
As die son sak hier in Gauteng en die nag weer vir my waai
Die sterre in die hemel en ek die wêreld kan aflaai
Ja, dan roep ek jou naam
En dan hoor jy
En jy verstaan
Ja, ek roep jou naam
En jy hoor my
En jy verstaan
Lewe
Om te vergewe
Om te aanvaar
Baklei vir my
As ek weer sag raak
(Roep jou naam)
(Roep jou naam)
(Roep jou naam)
(Roep jou naam)