Ek Wil Vir Jou

Jy met jou drome en gedagtes in jou oë
Jy met jou vrede wat in elkeen hoop en glo
Jy met jou deernis, jou geduld en jou verstaan
Jy wat jou seer alleen wil dra

Ek wil vir jou
Somer wees en stilte gee
Ek wil vir jou
Die son gaan haal die wind die see
Ek wil so graag
Myself vir jou gee

Ek wil vir jou
Somer wees en stilte gee
Ek wil vir jou
Die son gaan haal die wind die see
Ek wil so graag
Myself vir jou gee

Jy met jou woorde en gebede in jou hart
Jy met jou vreugde so in oorvloed uit jou hand
Jy met jou wysheid jou geloof in elke dag
Jy met die seer agter jou lag

Ek wil vir jou
Somer wees en stilte gee
Ek wil vir jou
Die son gaan haal die wind die see
Ek wil so graag
Myself vir jou gee

Ek wil vir jou
Somer wees en stilte gee
Ek wil vir jou
Die son gaan haal die wind die see
Ek wil so graag
Myself
Myself vir jou gee

Trivia about the song Ek Wil Vir Jou by Laurika Rauch

On which albums was the song “Ek Wil Vir Jou” released by Laurika Rauch?
Laurika Rauch released the song on the albums “Encore! Laurika” in 1988 and “Grootste Treffers, Volume II” in 1996.

Most popular songs of Laurika Rauch

Other artists of Schlager music