Ewewig En Stilte
Had ek ‘n laaste kans om iets te sê voor ek gaan
Sit ek als in my hande neer sodat ek joune in myne kan neem
En ek sal wag dat die wêreld wegraak vir aandag in jou oë, ek sal seker maak jy glo my
En dat jy elke woord hoor
Ek wens vir jou dagbreek
En ewewig en stilte
Die son wat op jou stoep kom dans as hy oorneem by die maan
Ek wens vir jou dagbreek
En ‘n geliefde altyd naby
Ek wens vir jou geloof, hoop, liefde, rus en vrede en ewewig en stilte
Had ek ‘n laaste kans om iets te sê voor ek gaan
Sal ek sonder blik of bloos
Myself in die oomblik verloor
Dis onbelangrik hoe ons lyk, wat ons het, die plek of tyd, liewe mens, jy moet my glo
Mag jy elke woord hoor