God Se Kunskafee
Dis 5 uur in die môre en God sit en verf, Hy koester elke druppel goudgeel kuns
Wat Hy aan die hemel hang
Vir ons om na te kyk
Ek hoor die klappende kraak van ‘n sifdeur agter my
En Piet skreeu by die stal, ons het reën gekry
En soos ek loop deur God se kunskafee voel ek meer geseënd met elke tree
Want met koffie en ‘n verfkwas sit Hy heeldag daar en dink hoe om Sy vreugde na my te bring
Maar oom Ben se wynplaas by Worcester met die ou geuwelhuis
Ja, die verf hy die mooiste, na ‘n lang dag se reis
Ek loop verby ‘n prentjie van ‘n boer op sy John Deere wat vol hoop hierdie aarde omkeer
En ek sien stof
Maar ek ruik die reën aankom
Ek hoor die fluit van die werkers wat die beeste inkeer as die son sak oor daai tweespoorpad
En soos ek loop deur God se kunskafee voel ek meer geseënd met elke tree
Want met koffie en ‘n verfkwas sit Hy heeldag daar en dink hoe om Sy vreugde na my te bring
Maar pa se plaas duskant Leslie waar die kleiosse in die son bak
Ja, die verf Hy die mooiste, na ‘n lang dag se stap
Die skildery van hierdie volmaan was lank vooruit geverf
Vanaand het Hy hom kom ophang
Agter die donker grys berg
Ek hoor die kraak van die krieke, by die rooi dam hier langs my
En warm teen my vel, gly die bosveld verby
En soos ek loop deur God se kunskafee voel ek meer geseënd met elke tree
Want met koffie en ‘n verfkwas sit Hy heeldag daar en dink hoe om Sy vreugde na my te bring
Maar die Meyers se wildsplaas, by Vaalwater met die kampvuur en die samesyn
Ja, die verf Hy die mooiste, na ‘n lang dag se ry