Hier Tussen Ons

Die liefde is 'n rooi gedig in vers, reël en kwatryn
Wat jou met gawe oë sien in woorde sag en fyn
Die liefde is 'n spierwit duif met bloeisel in die mond
Wat met sy kos die boodskap bring, die liefde maak gesond

Die liefde lê in sagte woorde wat oor my gees kom streel
En in die droë maande my hart tot hoop beveel
Die liefde lê in sagte soene wat met die jare groei
En soos die Kaapse lelie blom, jaar in en jaar uit bloei

Die liefde is 'n môrester, blink op die horison
Wat sê met ryke majesteit, Ek het vir jou gekom
Die liefde is 'n leë graf, 'n brokkie brood en wyn
Die liefde is 'n wegkruipplek teen hartseer en teen pyn

Die liefde lê in sagte woorde wat oor my gees kom streel
En in die droë maande my hart tot hoop beveel
Die liefde lê in sagte soene wat met die jare groei
En soos die Kaapse lelie blom, jaar in en jaar uit bloei

Die liefde lê
Die liefde lê
Die liefde lê
Hier tussen ons

Die liefde lê in sagte woorde wat oor my gees kom streel
En in die droë maande my hart tot hoop beveel
Die liefde lê in sagte soene wat met die jare groei
En soos die Kaapse lelie blom, jaar in en jaar uit bloei

Trivia about the song Hier Tussen Ons by Laurika Rauch

When was the song “Hier Tussen Ons” released by Laurika Rauch?
The song Hier Tussen Ons was released in 2007, on the album “’n Lekker Verlang Liedjie”.

Most popular songs of Laurika Rauch

Other artists of Schlager music