Jy Is Te Dierbaar

Jy is te dierbaar om seer te kry
Jy is te dierbaar om seer te kry

Dit sou niks goed beteken
As ek hier sou bly
Ons albei sou net
Daaronder ly

Dus wens my vaarwel
Voor ek nogeens wil bly
Want jy is te dierbaar om seer te kry

Jy stort nou 'n traan jy lyk so alleen
Jy vra my so mooi, wat nou en waarheen?
Maar tyd sal genees en die seer gaan verby
Want jy is te dierbaar om seer te kry

Ek is bang vir die spoke
Van dae lank geleë
Wat my nie wil toelaat
Om liefde te gee

Daarom moet ek gaan
Al vra jy ek moet bly
Want jy is te dierbaar om seer te kry

Ek mis jou alreeds en tog moet jy gaan
Hier heel alleen moet ek bly staan
Besef jy dan nie net jy baat daarby
Want jy is te dierbaar om seer tekry

Jy stort nou 'n traan jy lyk so alleen
Jy vra my so mooi, wat nou en waarheen?
Maar tyd sal genees en die seer gaan verby want jy is te dierbaar om seer te kry

Jy is te dierbaar om seer te kry

Trivia about the song Jy Is Te Dierbaar by Laurika Rauch

On which albums was the song “Jy Is Te Dierbaar” released by Laurika Rauch?
Laurika Rauch released the song on the albums “Jy is te dierbaar” in 1983 and “19 Treffers van 21 jaar” in 1999.

Most popular songs of Laurika Rauch

Other artists of Schlager music