Jy Is Ver

Jy is ver van hierdie land van son en see en dorre aarde
Met die reënboog in haar bloed

Sou jy voel jy vergeet, sou jy voel jy verdwaal
En jy vervreem van ons, dan hoor my
Hoor my stem in die wind

Izwa izwe lami emoyeni
Izwa izwe lami emoyeni
Izwa izwe lami emoyeni
Izwa izwe lami emoyeni

Naby die suidste punt, op die verste rots gesels ek nou en dan as die son sak
Oor ons hart se land

Ek gesels met tyd soos ek maar altyd kon
Onder die miskombers wat laag hang
Oor die tafelrand

Sou jy voel jy vergeet, sou jy voel jy verdwaal
En jy vervreem van ons, dan hoor my, hoor my, hoor my stem in die wind

(Hoor my) Ngizwe emoyeni
(Hoor my) Ngizwe emoyeni
(Hoor my) Ngizwe emoyeni
(Hoor my) Ngizwe emoyeni

Daar’s ’n stukkie gesels oor gister se seer
Wat tydsaam heel en sterk maak
In murg en been

Ek sal gesels in hierdie taal, jou uit die vreemde haal
Ek belowe, hoor my
Hoor my stem in die wind

Izwa izwe lami emoyeni
Izwa izwe lami emoyeni
Izwa izwe lami emoyeni
Izwa izwe lami emoyeni

En sou jy voel jy vergeet, sou jy voel jy verdwaal
Jy vervreem van ons dan hoor my, hoor my, hoor my stem in die wind

(Hoor my) Ngizwe emoyeni
(Hoor my) Ngizwe emoyeni
(Hoor my) Ngizwe emoyeni
(Hoor my) Ngizwe emoyeni

(Hoor my) Ngizwe emoyeni
(Hoor my) Ngizwe emoyeni
(Hoor my) Ngizwe emoyeni
(Hoor my) Ngizwe emoyeni

Trivia about the song Jy Is Ver by Laurika Rauch

When was the song “Jy Is Ver” released by Laurika Rauch?
The song Jy Is Ver was released in 2002, on the album “Vier Seisoene Kind”.

Most popular songs of Laurika Rauch

Other artists of Schlager music