Kaalvoetklonkie

Kaalvoetklonkie
Sit langs ‘n waterstroom en drome droom
Hy is anders
En hy droom van stadswoel en groot roem

Kaalvoetklonkie, droom maar voort, geniet jou drome
Want dit is somtyds wreed wat die grootmenslewe kan doen
Aan die drome van ‘n kaalvoetklonkie

Wanneer die ander met die kleilat speel
Sit hy in die sand en skryf
En hy kan hom net verbeel hoe dit voel
Met duur klere aan sy lyf

Maar bly tog maar ‘n kind so lank as wat jy kan
Want soms is dit die lekkerste deel van die lewe

Kaalvoetklonkie
Sit langs ‘n waterstroom en drome droom
Hy is anders
En hy droom van stadswoel en groot roem

Kaalvoetklonkie, droom maar voort, geniet jou drome
Want dit is somtyds wreed wat die grootmenslewe kan doen
Aan die drome van ‘n kaalvoetklonkie

Want dit is somtyds wreed wat die grootmenslewe kan doen
Aan die drome van ‘n kaalvoetklonkie

Kaalvoetklonkie
Sit langs ‘n waterstroom en drome droom

Kaalvoetklonkie
Kaalvoetklonkie
Kaalvoetklonkie
Kaalvoetklonkie

Trivia about the song Kaalvoetklonkie by Laurika Rauch

When was the song “Kaalvoetklonkie” released by Laurika Rauch?
The song Kaalvoetklonkie was released in 1996, on the album “Grootste Treffers, Volume II”.

Most popular songs of Laurika Rauch

Other artists of Schlager music