Kabouterliefde (Vir Simone)

Die kabouter met die rooi-rooi pet, die kabouter met die geel hemp aan
Het sy hart gistraand vir my gegee en sy hemp is vir die maan
Die hoepelronde blou-blou lug het kadoemps op die grond geval
Hy’t dit blink-blou in sy hand gerol toe speel ons daarmee bal

Die sterre met hul wit ligte het geknipoog toe ons lag
Hulle’t rondom ons in ‘n kring getrek soos ‘n laer in die nag
Die aandblom het sy trom-trompet geblaas in die warrelwindkring
Die kalkoentjies met hul rooi mondjies het die sprinkaan-wals gesing

Die maan met sy geel lyfie het gaan plat lê op sy rug
Hy’t gaan slaap by die gousblomme met sy boepens in die lug
Die kabouter met die rooi-rooi hart het dit self vir my gesê
Hy’t die aardbol oor sy kop gegooi, o dis hier waar die liefde lê

O, dis hier waar die liefde lê
Mmm, dis hier waar die liefde lê

Trivia about the song Kabouterliefde (Vir Simone) by Laurika Rauch

When was the song “Kabouterliefde (Vir Simone)” released by Laurika Rauch?
The song Kabouterliefde (Vir Simone) was released in 1995, on the album “Hot Gates”.

Most popular songs of Laurika Rauch

Other artists of Schlager music