Kom Sny Die Papaja

Kom sny die papaja, breek stukkend die son om die goudgeel vreugde te ruik
Gryp bondels swart pêrels uit die suikersoet skatkis vir die nuwe son se gebruik

Vir my is die somer soos ’n groot papaja vol kleure en geure so soet
Vol warmte en geelheid en blinkpit beloftes in elke persoon wat jou groet

Kom sny die papaja, breek stukkend die son om die goudgeel vreugde te ruik
Gryp bondels swart pêrels uit die suikersoet skatkis vir die nuwe son se gebruik

Vir my is die somer soos ’n groot papaja wat sy reuk deur die kamer versprei
Niks anders op aarde se geur kan juis dit sê, ek’s sonsoet en jy kan my kry

Kom sny die papaja, breek stukkend die son om die goudgeel vreugde te ruik
Gryp bondels swart pêrels uit die suikersoet skatkis vir die nuwe son se gebruik

Kom sny die papaja, breek stukkend die son om die goudgeel vreugde te ruik
Gryp bondels swart pêrels uit die suikersoet skatkis vir die nuwe son se gebruik

Trivia about the song Kom Sny Die Papaja by Laurika Rauch

On which albums was the song “Kom Sny Die Papaja” released by Laurika Rauch?
Laurika Rauch released the song on the albums “Encore! Laurika” in 1988, “Grootste Treffers, Volume II” in 1996, and “Vier Seisoene Kind” in 2002.

Most popular songs of Laurika Rauch

Other artists of Schlager music