Neanderdalman
Daar’s kantgordyntjies voor my vensterraam en alles is so ordelik soos dit my betaam
Soggens kom die melkman, en saans lees ek koerant, en soms as als te veel word voel ek astrant
Daar’s klein hortjievensters hoog in die dak, in die straat rooi telefoonhokkies wat in die sonlig bak
Ystervoëls vlieg hoog verby, robot knip sy oog en as die wêreld op my skree hou ek kop omhoog
En sou my Neanderdalman my aan die hare gryp en vang met ‘n knuppel in my rug gebalde vuis hoog in die lug
Dan sou my Neanderdalman my hartsnaar so laat span