O So Sentimenteel

Jy vra my om vergiffenis, jy sê my jy voel sleg
Dan spring jy op ‘n straler, vlieg tien duisend myle weg
My hart is nes ‘n klimtol waarmee jy lustig speel
O, ek voel broos vanaand en o, so sentimenteel

Jy bel my net na middernag en vra my hoe ek voel
Jy sê jy’t my iets moois gekoop in ‘n mark in Istanboel
Oor al jou doen en late kan ek my goed verbeel
En nou’s ek nie meer vaak net o, so sentimenteel

Ek gaan my regruk en uitstyg bo wat my onderkry
‘n Nuwe lewe inrig, die oue’s als verby
En wat jy met jouself maak kan my die minste skeel
Maar miskien is jy nog lief vir my, ek’s o, so sentimenteel

Die koffie is koud en bitter, jou vlug’s ‘n halfuur laat
Die omie kom sy dogter haal maar ek’s niks lus vir praat
Die wiele vat-vat baanblad, my hart sit in my keel
Gaan lê, ou hart, gaan lê, jy’s o, so sentimenteel

Ek gaan my regruk en uitstyg bo wat my onderkry
‘n Nuwe lewe inrig, die oue’s als verby
Wat jy met jouself maak kan my die minste skeel
Maar miskien is jy nog lief vir my, ek’s o, so sentimenteel

Maar miskien is jy nog lief vir my

Trivia about the song O So Sentimenteel by Laurika Rauch

On which albums was the song “O So Sentimenteel” released by Laurika Rauch?
Laurika Rauch released the song on the albums “19 Treffers van 21 jaar” in 1999 and “Stuur Groete aan Mannetjies Roux” in 2011.

Most popular songs of Laurika Rauch

Other artists of Schlager music