Op Blouberg Se Strand

Christopher Torr, Thomas Christen, Udo Juergens

Die golwe weet waar breek die branders
Hulle dink hulle's vry
Die wolke wentel in die hemel maar
Op die winde moet hul ry
Dis vroeg in die dag
Op Blouberg se strand
Die wind gaan nog waai
Die son gaan nog brand
Maar dis koel na die lang nag
En ons groet die dag

Goeie môre my sonskyn
Goeie môre my kind
Kom ons draf langs die strand
Kom ons ry op die wind
Die sand sal ons skroei
En die strale sal brand
Ooh hoo
Maar dis vroeg in die dag
Op Blouberg se strand

Daar is wit gekalkte huise
En ou Tafelberg
Daar is hengelaars met stok en hoed
Wat vroeg visse terg
My pa sê my kind
Ons moet swart mossels vind
Ons is lief vir die see
Ek is lief vir my kind
Ja dit is koel na die lang nag
En ons groet die dag

Goeie môre my sonskyn
Goeie môre my kind
Kom ons draf langs die strand
Kom ons ry op die wind
Die sand sal ons skroei
En die strale sal brand
Mmmm
Maar dis vroeg in die dag
Op Blouberg se strand

Goeie môre my sonskyn
Goeie môre my kind
Kom ons draf langs die strand
Kom ons ry op die wind
Die sand sal ons skroei
En die strale sal brand
Mmm
Maar dis vroeg in die dag
Op Blouberg se strand

Trivia about the song Op Blouberg Se Strand by Laurika Rauch

On which albums was the song “Op Blouberg Se Strand” released by Laurika Rauch?
Laurika Rauch released the song on the albums “Hart en See”, “Encore! Laurika” in 1988, “19 Treffers van 21 jaar” in 1999, and “Stuur Groete aan Mannetjies Roux” in 2011.
Who composed the song “Op Blouberg Se Strand” by Laurika Rauch?
The song “Op Blouberg Se Strand” by Laurika Rauch was composed by Christopher Torr, Thomas Christen, Udo Juergens.

Most popular songs of Laurika Rauch

Other artists of Schlager music