Skimme

Daar’s skimme, op donker balkonne
Met lëe, oop koffers wat wag
Daar’s skimme, op skemer perronne
Wat wag op ‘n trein na die dag

Weerlose, weerlose mense
Op reis van perron na perron
In ‘n middernagland sonder grense of tyd
En ‘n ewigheid ver van die son, van die son
En ‘n ewigheid ver van die son

Daar’s skimme, gewikkel in jasse
Verskans teen die winde van ys
Daar’s skimme, met kiste soos tasse
Vol drome gepak vir die reis

Weerlose, weerlose mense
Op reis van perron na perron
In ‘n middernagland sonder grense of tyd
En ‘n ewigheid ver van die son, van die son

En ‘n ewigheid ver van die son, van die son
En ‘n ewigheid ver van die son

Weerlose, weerlose mense
Op reis van perron na perron
In ‘n middernagland sonder grense of tyd
En ‘n ewigheid ver van die son, van die son
En ‘n ewigheid ver van die son

Trivia about the song Skimme by Laurika Rauch

When was the song “Skimme” released by Laurika Rauch?
The song Skimme was released in 2004, on the album “My Ou Tante Koba”.

Most popular songs of Laurika Rauch

Other artists of Schlager music