Solly En Ma

Na pa se dood was ma alleen
Die Karoo in die winter word koud
Ek was tien daardie jaar en my broer was vier
En my ma was skielik oud

Sy't rokke gemaak vir die hele distrik
En gewerk tot laat in die nag
En soms as sy opkyk sou 'n mens kon sweer
Dat sy pa op die drumpel verwag

Solly was 'n boerejood
Op reis van plek tot plek
Met knope en lappe sy brood verdien
Dog kwalik sy petrol gedek

En deur die jare het Solly aan ma
Meer as knope en garing verkoop
Haar oë was nou immer op die pad gerig
In haar hart was daar skielik weer hoop

Na ete dan vat hy ma se hand
En die kinders moes buite bly
Maar selfs na jare se kom en gaan
Bly sy woorde my steeds nog by

Kom ek en jy gaan vye pluk
En ons los die kind om te speel
Die lewe is hard en die bietjie geluk
Wat ons het my lief moet ons deel

Want dis rooier as 'n malva
En dis so seker soos die son
Selfs anderkant die liefde lê my hart se horison

Die jare het verbygeflits
Die lewe was goed vir ma
Solly het haar weer 'n vrou gemaak
Gehelp om die las te dra

Maar eendag het ons nuus gekry
Van 'n Buick op 'n draai in die pad
Ma se hart het ineengekrimp
Want die Here het Solly gevat

Ek weet dit was sonde het ma gebieg
En die Singer getrap dat hy dreun
Maar 'n vrou bly 'n vrou en Solly was man
Maar wat sal jy weet my seun?

En tog onthou ek sy sagte oë as hy vra dat ons buite sou bly
En selfs na jare se kom en gaan
Bly sy woorde my steeds nog by

Kom ek en jy gaan vye pluk
En ons los die kind om te speel
Die lewe is hard en die bietjie geluk
Wat ons het my lief moet ons deel

Want dis rooier as 'n malva
En dis so seker soos die son
Selfs anderkant die liefde lê my hart se horison

Kom ek en jy gaan vye pluk
En ons los die kind om te speel
Die lewe is hard en die bietjie geluk
Wat ons het my lief moet ons deel

Want dis rooier as 'n malva
En dis so seker soos die son
Selfs anderkant die liefde lê my hart se horison

Want dis rooier as 'n malva
En dis so seker soos die son
Selfs anderkant die liefde lê my hart se horison

Trivia about the song Solly En Ma by Laurika Rauch

When was the song “Solly En Ma” released by Laurika Rauch?
The song Solly En Ma was released in 2002, on the album “Vier Seisoene Kind”.

Most popular songs of Laurika Rauch

Other artists of Schlager music