Stoomtrein

As ek vanaand my sin kon kry sou ek weer met ‘n stoomtrein
Deur die varsgeploegde Wes-Transvaal wou ry
Soos jare vantevore voor ons die spoor verloor het
In hierdie sinnelose jaagtog teen tyd

En as ek nog ‘n wens kon kry sou ek dat hierdie trein van my
Al klikkend oor die spore wieg en swaai
Oor die brug by, Veertien strome wil ek steenkool ruik en stoom
As die wind deur die venster binnewaai

Ja, ek verlang na die dae toe die stoomtrein nog gery het
En die springbokkop wat ratel teen die stowwerige ruit
Maar ek soek veral na mense wat verdwyn het uit my kleintyd
Soos die stoomtrein se weemoedige gefluit

Daar’s net een fout met die wens van my om weer eens met ‘n stoomtrein
Oor die spore van my kinderdae te ry
Want die vreugde en die mense wat ek soek met my gewensery
Is lank reeds met die laaste trein verby

Trivia about the song Stoomtrein by Laurika Rauch

When was the song “Stoomtrein” released by Laurika Rauch?
The song Stoomtrein was released in 1996, on the album “Grootste Treffers, Volume II”.

Most popular songs of Laurika Rauch

Other artists of Schlager music