Stuur Groete Aan Mannetjies Roux

My oom se motor is 'n ou masjien
Hy maak dit vol met diesolien
En hy sing in die strate as hy ons kom sien
My oom is oud en ek is skaars dertien

My oom drink koffie en my tannie tee
Ek vra oor die reën en hy se, ja nee
En hy drink soet koffie met sy een oog toe
En hy praat weer oor die drie van Mannetjies Roux

O stuur ons net so 'n bietjie reën
My oom het 'n tenk vol diesolien
En seën my pa
En seën my ma
En my oom op sy plaas in Afrika

Maar my oom het gesukkel op die plaas
Want die son was te warm en die reën te skaars
En die man van die bank het net sy kop geskud
Want my oom, ja my oom was te diep in die skuld

My oom se motor is 'n ou masjien
Hy maak dit vol met diesolien
En hy ry na die lande in die oggend dou
Die lande vaal en sy oë grou

O stuur ons net so 'n bietjie reen
My oom het 'n tenk vol diesolien
En seën my pa
En seën my ma
En my oom op sy plaas in Afrika

En as jy in die oggend in die lande stap
Hoor jy nog sy motor met die klap klap klap
Maar my oom, ja my oom se oë is nou albei toe
In sy brief stuur hy groete aan Mannetjies Roux

O stuur ons net so 'n bietjie reën
My oom het tenk vol diesolien
En seën my pa
En seën my ma
En my oom op sy plaas in Afrika

Trivia about the song Stuur Groete Aan Mannetjies Roux by Laurika Rauch

On which albums was the song “Stuur Groete Aan Mannetjies Roux” released by Laurika Rauch?
Laurika Rauch released the song on the albums “Hart en See”, “19 Treffers van 21 jaar” in 1999, “sing die liedjies uit: Stuur Groete aan Mannetjies Roux” in 2011, and “Stuur Groete aan Mannetjies Roux” in 2011.

Most popular songs of Laurika Rauch

Other artists of Schlager music