Toemaar Die Donker Man

Op die groen voetpad van die horison ver om die aarde skat
Stap 'n ou man wat 'n oop maan dra in sy hare
Nagtegaal in sy hart
Jasmyn gepluk vir sy oop knoopsgat en 'n rug gebuk aan sy jare
En 'n rug gebuk aan sy jare

Wat maak hy, mammie
Wat maak hy, mammie

Hy roep die kriekies, hy roep die swar, stilte wat sing soos die biesies
My hart en die sterre wat klop, tok-tok liefling
Soos die klein tok-tokkies in hul fyn-ver kring
Die sterre wat klop, tok-tok liefling
Soos die klein tok-tokkies in hul fyn-ver kring

Wat is sy naam, mammie
Wat is sy naam, mammie

Sy naam is Sjuut, sy naam is Slaap, meneer Vergeet uit die land van vaak
Sy naam is Toemaar, hy heet my lam, toemaar, die donker man
Toemaar, die donker man

Mammie
Toemaar, die donker man

Mammie
Toemaar, die donker man

Mammie

Trivia about the song Toemaar Die Donker Man by Laurika Rauch

On which albums was the song “Toemaar Die Donker Man” released by Laurika Rauch?
Laurika Rauch released the song on the albums “19 Treffers van 21 jaar” in 1999 and “sing die liedjies uit: Stuur Groete aan Mannetjies Roux” in 2011.

Most popular songs of Laurika Rauch

Other artists of Schlager music