Vanaand Se Maan [Duet]

Nag loop sy paaie duisternis kry sy sin
Geluide word lawaaie want die nagstilte het begin
Ver-af skreeu ‘n kiewiet rou, ‘n jakkals kreun sy klag

En vanaand se maan is ‘n hartseer maan, is ‘n spierwit maan
Vanaand se maan is mooi

Nag loop sy paaie duisternis gaan sy gang
Die donker word nou baie en die baie maak bang
Nag se swart maak dood die lig, die dag sterf in ‘n ster

En vanaand se maan is ‘n hartseer maan, is ‘n spierwit maan
Vanaand se maan is mooi

Want vra maar die maan as hy so lyk
Hoe dink ek nog aan jou
Vra hom of hy hartseer is want hy kan ook onthou

Donker word ligter, dag se son breek die nag
Die aarde word stil wakker want die son sê, dit is nou dag
Twaalf ure se fel verlang voor nag jou weer omvou

En dan’s vanaand se maan weer ‘n hartseer maan en ‘n spierwit maan
Vanaand se maan, vanaand se maan is dan weer mooi

Trivia about the song Vanaand Se Maan [Duet] by Laurika Rauch

When was the song “Vanaand Se Maan [Duet]” released by Laurika Rauch?
The song Vanaand Se Maan [Duet] was released in 1999, on the album “Die Mense Op Die Bus”.

Most popular songs of Laurika Rauch

Other artists of Schlager music