Vergeet Om My Te Vergeet / Onthou Om Te Onthou

Die winteraand is om my
Voor die kaggelvuur se kole
Buite tjank die winde
Soos die wolwe in die berge

Teen die hortjies klap die venster
En herinner my aan die klop van jou kneukel aan my deur
Maar ek weet ook dat jy ver is en dat ek my dood verlang na jou

Vergeet om my te vergeet
Onthou om te onthou en weet dat jy altyd weet ek is lief vir jou
Vergeet om my te vergeet, onthou om te onthou, om my te onthou

Later word ek wakker
Van die koekoek-klok se deurtjie
Dis laatnag in die voorhuis
En die middernag kom nader

Teen die hortjies klap die venster
En herinner my aan die klop van jou kneukel aan my deur
Maar ek weet ook dat jy ver is en dat ek my dood verlang na jou

Vergeet om my te vergeet
Onthou om te onthou en weet dat jy altyd weet ek is lief vir jou
Vergeet om my te vergeet, onthou om te onthou, om my te onthou
Vergeet om my te vergeet, onthou om te onthou, om my te onthou

Vergeet om my te vergeet
Onthou om te onthou en weet dat jy altyd weet ek is lief vir jou
Vergeet om my te vergeet, onthou om te onthou, om my te onthou
Vergeet om my te vergeet, onthou om te onthou, om my te onthou

Vergeet om my te vergeet, onthou om te onthou, om my te onthou

Trivia about the song Vergeet Om My Te Vergeet / Onthou Om Te Onthou by Laurika Rauch

When was the song “Vergeet Om My Te Vergeet / Onthou Om Te Onthou” released by Laurika Rauch?
The song Vergeet Om My Te Vergeet / Onthou Om Te Onthou was released in 1979, on the album “Debuut”.

Most popular songs of Laurika Rauch

Other artists of Schlager music