Wals, Wals Willemien

Daar’s ‘n ou jukebox op ‘n karoo plaas
Waar die mense nog van legendes praat
Waar ’n blues-kitaar nog jou siel kan raak
En ‘n vinyl jou hart soos ‘n neut oopkraak

En sy sê, how about a light and I’ll play you a tune
Ietsie van die Beatles wat jou siel sal roer
Dalk ‘n bietjie Stevens op sy Vredestrein
Of ‘n titsel Bob Dylan met sy stem asof vol wyn

En wals, wals Willemien
Deur die lewe op jou droommasjien
It’s a rollercoaster ride and a heck of a fight
Maar voor jy moed opgee, begin jou lewe te draai

En sy het groot geword by ‘n ou plaasskool
Tussen Castrol-blikke en ‘n geroeste Ford
Dis daar waar sy leer skryf het en om mens te wees
‘n Bietjie meer oor die siel en minder oor die vlees

En sy sê, how about a light and I’ll play you a tune
Ietsie van die Beatles wat jou siel sal roer
Dalk ‘n bietjie Stevens op sy Vredestrein
Of ‘n titsel Bob Dylan met sy stem asof vol wyn

En ek sê, wals, wals Willemien
Deur die lewe op jou droommasjien
It’s a rollercoaster ride and a heck of a fight
Maar voor jy moed opgee, begin jou lewe te draai

(Wals, wals, wals Willemien) Wals Willemien
(Deur die lewe op jou droommasjien)
So wals Willemien

Trivia about the song Wals, Wals Willemien by Laurika Rauch

When was the song “Wals, Wals Willemien” released by Laurika Rauch?
The song Wals, Wals Willemien was released in 2014, on the album “Wals, Wals Willemien”.

Most popular songs of Laurika Rauch

Other artists of Schlager music