Waterval

My letters word ’n ou kasteel met torings en ’n grag
My woorde word die water wat geduldig op jou wag
En my sinne word die tafels wat ek dek vir jou koms
En tussen my paragrawe skuil my diepste vrese soms

Maar my woorde word die waterval wat woedend oor jou waak
My stem word sag en helder as jou hande aan my raak
Maar my woorde word die waterval wat woedend oor jou waak
My stem word sag en helder as jou hande aan my raak

My verse word die kamers waar ek heeldag sit en sing
En elke woord en asemteug wil my na jou toe bring
En jou briewe word die vensters wat ek oopmaak elke nag
En soos die sterre uitkom word my harde hart weer sag

Maar my woorde word die waterval wat woedend oor jou waak
My stem word sag en helder as jou hande aan my raak
Maar my woorde word die waterval wat woedend oor jou waak
My stem word sag en helder as jou hande aan my raak

Trivia about the song Waterval by Laurika Rauch

When was the song “Waterval” released by Laurika Rauch?
The song Waterval was released in 2007, on the album “’n Lekker Verlang Liedjie”.

Most popular songs of Laurika Rauch

Other artists of Schlager music