Komaan - As die Kerkklok Ses Keer Slaan

Komaan, sal jy reg wees om te gaan?
Ver weg hiervandaan?
As die kerk klok ses keer slaan?

Onder die vol maan net ek en jy saam met sterre wat verskiet
Drome kan waar word gee my net die ja woord, die lewe is 'n miet
Of dalk deur die berge loop ons 'n pad na 'n waterval versteek
Na die middel van nêrens wil ek jou vat daar kan ons weg raak vir 'n week

Komaan, sal jy reg wees om te gaan?
Ver weg hiervandaan?
As die kerk klok ses keer slaan?

Komaan, het nie eers 'n plan
Kom ons doen dit want ons kan
As die kerk klok ses keer slaan
Komaan

Ons kyk af op die aarde, wind in ons hare in ons eie lugbalon
Alleen in die oomblik terwyl ek jou vas druk sien ons hoe sak die son
Ons vuurtjie se vlamme, net ons op die strand in komberse toe gevou
Ons luister die branders dan vryf ek jou hande want ek's baie lief vir jou

Komaan, sal jy reg wees om te gaan?
Ver weg hiervandaan?
As die kerk klok ses keer slaan?

Komaan, ek het nie eers 'n plan
Kom ons doen dit want ons kan
As die kerk klok ses keer slaan

Daar's niemand anders wat ek graag so naby my wil hê nie
Niemand anders laat my soos jy voel
Maak nie vir my saak waar ons twee in die wêreld is nie
Net jy maak vir my saak, net jy maak vir my saak

Komaan, sal jy reg wees om te gaan?
Ver weg hiervandaan?
As die kerk klok ses keer slaan?

Komaan, ek het nie eers 'n plan
Kom ons doen dit want ons kan
As die kerk klok ses keer slaan
Komaan

Most popular songs of Pieter Koen

Other artists of Middle of the Road (MOR)