Die Sterre, Die Blomme En 'n Kind

Wat skyn dan verder as 'n ster?
Wat is daar mooier as die blomme?
Wat is daar ryker as 'n kind
Wat op die strandvlak by die see sy eerste nat sandskulpie vind?

'n Ster is deel van die heelal
Die blomme groei hier op die aarde
Die waarheid hoor tog by 'n kind
Wat op die strandvlak by die see sy eerste nat sandskulpie vind

Want alles wat daar oorgebly het van die paradys
Waar die einde reeds begin
Is die sterre, die blomme en 'n kind

'n Ster kan jy nie altyd sien
'n Blom se skoonheid is veruklik
En kyk 'n slag weer na 'n kind
Wat op die strandvlak by die see sy eerste nat sandskulpie vind

'n Ster bly tog vir altyd ster
En blomme bly vir altyd blomme
'n Kind bly tog vir altyd kind
Wat op die strandvlak by die see sy eerste nat sandskulpie vind

Want alles wat daar oorgebly het van die paradys
Waar die einde reeds begin
Is die sterre, die blomme en 'n kind

Agter die sterre lê dalk meer
Miskien groei daar die mooiste blomme
In elke mens is daar 'n kind
Wat op die strandvlak by die see sy eerste nat sandskulpie vind

Want alles wat daar oorgebly het van die paradys
Waar die einde reeds begin
Is die sterre, die blomme en 'n kind
Is die sterre (Sterre)
Die blomme (Blomme)
En 'n kind

Trivia about the song Die Sterre, Die Blomme En 'n Kind by Rina Hugo

When was the song “Die Sterre, Die Blomme En 'n Kind” released by Rina Hugo?
The song Die Sterre, Die Blomme En 'n Kind was released in 2009, on the album “J'taime On Amour”.

Most popular songs of Rina Hugo

Other artists of Middle of the Road (MOR)