Een Of Ander Tyd

Een of ander tyd
Sal die somer vir ons altwee saggies kwyn
Want die tyd loop soos die sand deur ons hande

Een of ander tyd
Sal die ure op die eiland van ons drome
Skielik tot 'n einde kom

Dink jy ook partykeer daaraan?
Dat die afskeid dan moontlik 'n afskeid vir altyd sal wees?
En dat saam met die somer
Ook die liefde tot 'n einde kom?

Een of ander tyd
Sal die herfswind ook ons spore verder waai
En die see sal slegs 'n spieël van ou herinnerings wees

Een of ander tyd
Sal die oggend op die eiland van ons drome
So eensaam en leeg wees

Kyk vir my en gee my jou hand
En slegs dan sal ons weet dat die afskeid nie vir altyd is

Want een of ander tyd
Sal die somer vir ons altwee net begin
Want vir twee mense wat so lief is vir mekaar (Lief vir mekaar)

Want een of ander tyd
Sal die somer vir ons altwee net begin
Want vir twee mense wat so lief is vir mekaar (Lief vir mekaar)
Is daar weer 'n begin (Weer 'n begin)

Trivia about the song Een Of Ander Tyd by Rina Hugo

When was the song “Een Of Ander Tyd” released by Rina Hugo?
The song Een Of Ander Tyd was released in 2009, on the album “J'taime On Amour”.

Most popular songs of Rina Hugo

Other artists of Middle of the Road (MOR)